Reis reis_travel-is-in_seychelles_desjan_3

0

Seychelles travel tips

deur Renate Engelbrecht

Dis lekker om vooraf ʼn paar tips te hê wanneer jy die onbekende ingaan. Hier is ’n paar dinge wat jy van die Seychelles moet weet voordat jy op ’n vliegtuig spring:

• Jy benodig geen Visa vir ʼn besoek aan die Seychelles nie. ʼn Geldige paspoort en ʼn retoer- of aansluitingskaartjie is voldoende. Hou maar ʼn bewys van akkommodasie en genoeg fondse byderhand – net vir in case.

• Seychelles se Departement van Immigrasie is in die hoofstad, Victoria, op Mahe. Kontak hulle vir enige Visa-verlengings of ander navrae.

• Hul geldeenheid is die Seychelles Rupee, maar die meeste hotelle en restaurante aanvaar Euros. Geldeenhede mag slegs by banke, gemagtigde geldwisselaars of die hotelkassiere geruil word.

• Taxi’s tussen die lughawe en jou bestemming kan jou geld uit die sak jaag. Kom op ʼn prys ooreen voordat jy inklim of kyk uit vir taxis met meters.

• Die goedkoopste vervoer in die Seychelles is die publieke busdienste, met ʼn flat-fare van Rs 5 (Rs 10 vir busse met aircon), maar busdrywers laat nie toeriste met sakke groter as slackpacks toe nie. Mahe se busdiens is redelik goed ontwikkel.

• ’n Huurmotor is die gerieflikste vervoermiddel in Mahe of Praslin. Die huuragentskappe se prysverskil is minimaal, hoewel Praslin ʼn bietjie duurder mag wees.

• Motoriste bestuur aan die linkerkant van die pad en bestuurders moet versigtig wees, aangesien die paaie soms steil met onvoorspelbare, skerp draaie is en daar amper nooit barriers is nie.

• Die mees ikoniese souvenir is ʼn Coco De Mer, oftewel ’n see coconut. Dit kan jou tot twee honderd Euro kos en jy gaan ʼn groen sertifikaat en ʼn export lisensie benodig om dit uit die land uit te kan vat. Tee, spices en vanilla is ook gewild en tien teen een ’n bietjie makliker om huis toe te vat.




Kommentar is gesluit

Terug na bo ↑

UA-42742279-1