Die Span

14095994_1130369683697336_6009313982777898824_n
Carly Bailey Natasen is geen vreemdeling in die mediabedryf nie. Sy is deputy publisher van Prestige magazine vir die afgelope 4 jaar. Met sterk besigheidvaardigehede en ‘n talent om innoverende produkte na die mark te bring, het Carly die geleentheid aangegryp om die hoofaandeelhouer van BELLA te wees. Carly verskaf ‘n vars blik op publishing en dit is haar missie om BELLA as baanbreker in die print en digitale wêreld te posisioneer.
Instagram: @carlybailey_sa

14102482_1130369970363974_2602989043935788966_n
Heloïse van der Walt het haar honneursgraad in joernalistiek op die bult van Potchefstroom met lekkerkry klaargekry. Sy glo dat elke paar oë ‘n storie het om te vertel en dat online media ‘n heerlike platform is om vroue te bereik. Sy LIKE van aweregse stories skryf, SHARE graag wyshede oor ‘n stomende koppie koffie en POST net genoeg om jou winkelrakke toe te lok vir jou maandelikse vitamien B(ELLA)-inspuiting.
Instagram: @heloise_vdw

14100490_1130494127018225_4167168890807346025_n

Jeandelene de Kock is 24 jaar oud en is tans besig om haar meestersgraad in Verbruikerswetenskap aan die Universiteit van Pretoria te voltooi. Sy is ‘n jong, opkomende redaktrise, modeliefhebber en trendsetter. Sy is ‘n blommekind wat glo in liefde en sprokiesverhale en is sterk oortuig dat lekker lag die heel beste medisyne is.
Instagram: @jeandelene_dekock

14046021_1130370133697291_196990144754323293_n

Met ’n ou tikmasjien en ’n koffie in die hand glo Lizanne Loots sy kan die verskil wees wat sy in die wêreld wil sien. Sy het haar honneursgraad in Kommunikasie vir Sosiale Verandering aan die Noordwes-Universiteit van Potchefstroom verwerf. As sy vir die res van haar lewe net kan skryf, sal sy dolgelukkig wees.
Instagram: @lizanne_06

14141891_1130378340363137_8690151046423865347_n

Charlotte Bieldt het ’n Honneursgraad in Ontwikkelingskommunikasie en is ’n passievolle seks- en verhoudingsnavorser. Sy’s nie bang om die status quo uit te daag, veral op die gebied van geslag, seksualiteit en verhoudings nie. Sy’s op ’n missie om stereotipes en negatiewe boodskappe rondom seks, geslag en verhoudings te verander.
Instagram: @charlottebieldt

14045987_1130378313696473_5270593059818106174_n

Jean Prieur du Plessis is BELLA se Trouredakteur en die bestuurder van ‘n eksklusiewe trouvenue, Duck Point. Hy het in Engeland studeer en vir die Signature-groep gewerk. Daarna het hy teruggekom SA toe om sy passie hier verder uit te leef. Hy is die man agter menige bruidspare se mooiste dag.
Instagram: JeanPrieur_JP

14063704_1130378900363081_6165552267426169356_n

Gerlene van Zyl is ’n Somatoloog met ’n groot passie vir die vel en vroue! Sy glo dat die versorging van jou liggaam en vel so noodsaaklik is soos oorlewing. Om ’n verskil te maak in ’n vrou se selfvertroue deur na haar voorkoms te let, is absoluut belonend. Sy is vir seker die tipiese “girly-girl” wat meer wil weet van elke produk wat mooier en blinker maak!

14141840_1130378587029779_6891136084671046789_n

Alexandra Stevens het haar studies in 2014 voltooi in die VSA en is tans ’n voltydse persoonlike afrigter in Centurion. Sy is besig met haar yoga-instrukteurskursus en het ‘n oefen-app hierdie jaar gelaunch. Haar passie is om mense te help om ‘n gesonde en gebalanseerde leefwyse te handhaaf.
Instagram: @alexandrastevens_za

11@

Adré Müller is ‘n lewenslange diereliefhebber. Haar liefde vir die vierbeen-mensies, soos sy hulle noem, het kleintyd reeds ontwikkel toe Boela, die familiehond, na kleuterskool daagliks op die hoek van die straat vir haar gewag het. As kind wou sy altyd ‘n veearts geword het. Sy glo nog altyd dat sy liewer vir diere is as vir mense.
Instagram: @bellabytjie

14095943_1130378783696426_8880621986129456179_n

Renate Engelbrecht het ’n graad in Verbruikerswetenskap: Gasvryheidsbestuur, ’n diploma in Gemeenskapskommunikasie en kosbare travel skrywerskennis. Sy vorder van travel writing intern na Besturende Direkteur van Travelling Mystery Guest, wat fokus op die kliënte se bestemmingsreis (customer journey).
Instagram: @renatetravel

14080058_1130378557029782_9107525365488802276_n

Tegnologiese ontwrigting en die innovering wat daarmee gepaard gaan, is besig om fundamenteel te verander hoe besighede dienste aan hul kliënte lewer. Cara Burger het ’n passie ontwikkel hiervoor en spandeer veral tyd om hierdie veranderinge wat tegnologie teweegbring, te bestudeer.
Instagram: @caraburger

14089100_1130378810363090_3313990114033674130_n
Tobi Jooste is bekend as sanger, TV-aanbieder, model, suksesvolle sakeman en skrywer. Hy’t vyf musiekalbums, ‘n DVD en sy tweede boek, Daar is ‘n Eifeltoring, is tans in sy tweede druk en is ‘n topverkoper.

14089260_1130378577029780_331331338732550741_n

Anica Scheepers het haar Honneursgraad in Joernalistiek aan die Noordwes-Universiteit van Potchefstroom behaal. Sy pak tans verskeie projekte as jong en kreatiewe entrepreneur aan en deel graag die wysheid en kennis van die mees ervare entrepreneurs en kenners in die industrie. Sy hoop dat elke BELLA-leser se lewe ander lewens sal aanraak.
Instagram: @anicascheepers

helene

Helene Olivier  is getroud met die liefde van haar lewe en het onlangs ma geword van ’n babadogtertjie. Haar leuse: omarm moederskap met styl!  Sy is opgelei as joernalis en kleuterskooljuffrou, maar is nou ’n voltydse mamma en blogger by www.prettybelle.co.za. Sy wil die moederskap-pad, van boepens tot baba, saam met al die BELLA-mammas stap!
Instagram: @prettybelle.co.za

14034869_1130493600351611_4132085877059075225_n

Pauline Roos


Terug na bo ↑

UA-42742279-1